Daar is nie veel oor sy lewe bekend nie. Hy word tradisioneel verbind met die heilige Cecilia die beskermheilige van musiek. Eusebius noem hom in sy kerkgeskiedenis. Die naam Urbanus beteken “stedeling”.
Pontifikaat
Pous Urbanus I se pontifikaat word gekenmerk deur spanninge met die Romeinse keiser Alexander Severus wat bekend is vir sy Christenvervolgings. Teenpous Hippolitus was ook nog steeds bedrywig in Rome. Die man van Cecilia, Valerianus en sy broer Tibertus is deur hom bekeer. Urbanus se pontifikaat is die eerste een waarvan die datums definitief vasgestel is.
Hy het die volgende dekreet uitgevaardig met betrekking tot kollektegeld:
Die gawes van die gelowiges aan die Here mag slegs vir kerklike doeleindes en die algemene goed van die Christelike gemeenskap gebruik word, want hulle is die geseënde gawes van die gelowiges, die boetedoenings van die sondaars en die erfdeel van die armes.
Sy feesdag is 25 Mei. Hy word vaak voorgestel met wyn en druiwe, ‘n gevalle afgod langs ‘n gebreekte suil, ‘n gesel, ‘n staak en sy afgekapte kop.
Kuns
Urbanus word in verskeie kunswerke voorgestel, meestal sittende met die tiara, die pouslike mantel en ‘n swaard wat na die grond wys. Hier ‘n voorbeeld van so ‘n afbeelding. Verder word hy ook voorgestel met pouslike mantel, ‘n myter, ‘n bybel en ‘n tros druiwe. Soos hier: 1 en 2